Weereens is ons tydens die mynongeluk in Chile wel deeglik bewus gemaak van ons Vader se groot en magtige
krag en genade. Aan HOM kom AL die
eer, glorie en
lofprysing toe want dit is menslik nie moontlik om deur te maak wat daardie 33 manne deurgemaak het nie. Vir ons as mense om te probeer dink wat daardie manne gedink het direk na die rotsstorting is onmoontlik. Dink 'n bietjie na, geen vars lug, geen lig, geen kos, geen medisyne (sommige het gesondhieds toestande gehad wat medikasie benodig het), geen beddens, geen water en toilette, 33 manne in 'n 50mx50m area, geen radio, tv ens nie en bowenal geen sekerheid dat hulle gevind sou word nie. Dit alleen is genoeg om enige normale mens seker depresief of selfs waansinnig te maak. Nogtans het hulle 17 dae van onmenslike onsekerheid oorleef!!! Menslik gesproke onmoontlik.
Toe deur die genade van God word hulle gevind!! Groot onsekerheid het nogtans geheers of hulle wel gered sou kon word. Na 'n verdere 52 dae in die skoot van die aarde word hulle toe een vir een gered. Dit was opvallend hoe rustig, netjies en kalm elkeen voorgekom het wat uit die kapsule geklim het. Daar was geen teken van gehawendheid wat ons verwag het nie, net 'n besielende rustigheid wat slegs van ons hemelse Vader af kan kom was op hulle gesigte te bespeur.
Loof die HERE en dankie ABBA Vader. Ons loof en prys U naam
1 comments:
Dit is so waar!
Post a Comment