Pages

Tuesday, August 17, 2010

Hoe sal dit wees..?

Hoe sal dit wees ...............?

Ons kan maar net wonder…………

Hoe dit sal wees om aan U sy te stap

Ons kan maar net wonder…………

Wat ons oë sal sien wanneer U aangesig voor ons skyn

Ons kan maar net wonder…………

Wat ons emosies sal wees wanneer ons omring is van U glorie.

Sal ons voor U dans Jesus of sal ons stil wees van verstomming?

Ons kan maar net wonder…………

Sal ons in U teenwoordigheid staan

of sal ons op ons knieë gaan.

Ons kan maar net wonder…………

Sal ons uitroep halleluja

of stom geslaan daar staan.

Ons kan maar net wonder…………

Wanneer daardie dag aanbreek

Sal ons U vir altyd en ewig kan bewonder.

Ons kan maar net wonder…………

Monday, August 16, 2010

EK IS ‘N CHRISTEN

Wanneer ek sê….Ek is ‘n Christen

Skree ek nie ek is vlekkeloos ” nie

Ek fluisterEk was verlore, nou is ek gevind en vergewe.

Wanneer ek sê….”Ek is ‘n Christen

Erken ek, ek het voete van klei.

Dat ek struikel maar dat CHRISTUS my lei.

Wanneer ek sê….”Ek is ‘n Christen

Gee ek nie voor dat ek foutloos is nie.

Ek erken dat ek faal en bid tot God om my te reinig.

Wanneer ek sê….”Ek is ‘n Christen

Spog ek nie met my sukses nie,

maar bely dat ek swak is en SY krag nodig het om te kan bestaan.

Wanneer ek sê….Ek is ‘n Christen”

Gee ek nie voor dat ek perfek is nie

My foute is sigbaar, maar ek weet God

het my steeds lief.

Wanneer ek sê….Ek is ‘n Christen”

Voel ek nog steeds pyn en hartseer maar weet dat Hy my troos.

Wanneer ek sê….”Ek is ‘n Christen”

Dink ek nie ek is heiliger as ander nie.

Ek is ‘n sondaar wat ten spyte daarvan steeds God se genade ontvang .