Pages

Thursday, September 16, 2010

Telling Yourself the Truth

Telling Youself the Truth

Skrywer: William Backus / Marie Chapian

Die boek is geskryf om jou te help leef saam met die een person met wie jy jou hele lewe mee moet saam leef --- Jouself.

Elkeen van ons het onbewustelik ‘n opinie van onsself wat ons denke en dade bepaal. Daardie opinie kan wissel van baie positief tot baie negatief. Hoe ons onsself beleef word deur verskei persepsies beïnvloed. Sommige selfs vanaf ons jonkste kinderjare . Verder speel insidente wat plaasgevind het gedurende ons opvoeding ook ‘n belangrike rol oor hoe ons oor onsself dink en voel. In alle gevalle het ons ‘n onbewustelike wanbegrip van wat ons onsself wysmaak , en wat ‘n direkte invloed op ons aksies en reaksies het. Ook word ons denke en dade negatief beïnvloed deur hierdie wanbegrippe (onwaarhede) wat ons onsself wysmaak.

Die boek is ‘n uitstekende hulpmiddel om sulke onwaarhede te identifiseer wat ons denke beïnvloed tydens depressie , woede , angs of wanneer ons so maklik ander persone oordeel. Dr. Bachus bly egter nie net by die identifisering nie, maar bied ook praktiese oplossings aan om die onwaarhede in waarhede te omskep. Aangesien Dr Bachus beide ‘n teoloog en Christelike sielkundige is met ‘n meestersgraad in teologie is hy deeglik toegerus om sinvolle en praktiese kennis met die leser te deel. Die skryfstyl is ook maklik verstaanbaar.

Hier is Bybelsgefundeerde leesstof wat elkeen behoort te lees aangesien elke leser baie sal baadvind by die inligting wat daarin vervat is.

Ben Fourie